Kindermusik

Kindermusik

      Kindermusik News & Info
 


 

Pretoria

Kindermuzik ouers,

My oudste, Francois, hou nie van swem nie. Toe vat ek hom maar Kindermuzik toe – dalk geniet hy dit…

Dit was die begin van elke Maandagmiddag se pleit/jok/verskoning by die werk om vroeg te ry sodat die driejarige by die musiekklassie kan uitkom, want hy geniet hom toe gate uit by juffrou Alex se klas. En om eerlik te wees was dit die hoofrede waarom ek vir die volgende drie jaar volgehou het om musiek toe te ry. (Soos alle werkende moeders is my skuldgevoelens oorontwikkel en sterker as die drang om my werk klaar te maak en die spitsverkeer te vermy.)

Geleidelik het daar ander redes ook bygekom soos die vriende wat mens daar leer ken en die musiek instrumente waarmee die kind kan

eksperimenteer. O, ja – en die CD’s hou die kinders in die motor besig. Daar is selfs ‘n paar mooi viool of klavierstukke wat ma se rafelende senuwees ook ‘n bietjie kan lawe. Maar die werklike waarde van Kindermuzik begin nou eers op sewejarige ouderdom te voorskyn kom.

Francois het die Kindermuzik reeks voltooi en die begin van hierdie jaar met formele viool lesse begin. Sy nuwe musiek juffrou is baie beďndruk met sy vermoë om musieknote te lees, want in die laaste jaar van Kindermuzik (Young child) is dit wat hulle op ‘n speel-speel wyse geleer het. Ons is so trots op sy vinnige vordering op die gebied en ek glo vandag dat dit suiwer te danke is aan die Kindermuzik klassies wat hy bygewoon het.

Kindermuzik se invloed is egter nie net tot die musiekwęreld beperk nie. Francois het hierdie jaar ook Graad 1 aangepak.

In sy asseseringsverslae wat hy huis toe bring, het dit ons onder andere opgeval dat hy in beide Afrikaans en Engels (kan jy glo – in Graad 1!) die vermoë om tussen verskillende woordklanke te onderskei, uitstekend bemeester het. Wat het dit met Kindermuzik te doen? Ek verwys julle na die nuwe “Our Time Home Activity Book” bladsy 3:

“Language skills may be increased through playing with the sounds of familiar word patterns with a tune. During Vocal Play, the child experiences rhythm, accents, synchronization and tempo, all integral parts of communication.”

As ek reg verstaan is daar ook ‘n positiewe verband tussen musiek en die vermoë om wiskunde te doen. Om vir Francois aan te haal: “Wiskunde is easy, hoor!”

My jongste, Jo-Anne het hierdie jaar met die “Our Time” klassie begin. By die werk pleit/jok/soek verskoning ek alweer. Hierdie keer pak ek egter die spitsverkeer met ‘n glimlag en die Milk & Cookie CD aan, want ek weet dat ek die vrugte/vreugde van my kind se voorsprong in die lewe oor vyf jaar sal smaak as sy met haar skool loopbaan begin.

So tussen Jo-Anne se Milk & Cookie-saamsing deur, geniet ek dit om na my seun se graad 1 wyshede te luister. Sien julle in die spitsverkeer!

Joan Esterhuizen

<< Back to News & Info


 

 

 

 
 

Copyright@  2008 Kindermusik
Designed by: www.yourcity.co.za